LATEST NEWS
2 May 2015

Nenna (1 of our top young heifers) was sold for a record prize of R12.000 at the Freestate Dexter Auction in Bloemfontein. Congratulation to the buyer, Mr. Kobus Maree of Bethlehem!

30.04.2015
ORB Dexters win 3 x 1st places, 1 x 2nd and 2 x 3rd places at Bloem show in Bloemfontein. Our Top heifers (Mandie and Nenna) takes the first prize for 2 descendants of a Bull and our newest champion (Heidi) takes the first prize for heifers 6-9 months.
13.03.2015
ORB Dexters win 1st, 2nd and 3rd place for Heifers 6-12 months at Hertzogville show. 
Top Heifer, Mandie takes the 1st prize in Jnr Interbreed championship!

26.08.2014

Nola win the 1st prize for Cows in Milk 7-10 years, 1st prize for Sr Dexter Cow and Grand Champion Dexter Cow at the Jacaranda show in Pretoria.

 Welcome to ORB Dexters - Welkom by ORB Dexters

Ons het ons eerste 2 Dexter koeie, Hester en Hanli gekoop in 2011. Hester het ‘n verskalfie, Hannah van so 5 maande gehad toe ons haar gekoop het. Die diere het gou in ons harte gekruip en daarna het ons nog vroulike diere gekoop oor die jare. In 2012 het ons ORB Dexters by Stamboek geregistreer as kudde.

Reeds van die begin af, was ons teeldoelwitte gemik op ‘n bees wat absoluut voldoen aan die dubbeldoel  eienskappe van die ras nl. melk en vleis.  

Van die diere, wat aangekoop was, kom uit ou genetiese materiaal  van kuddes wat nie meer geregistreer was nie. So het ons diere aangekoop uit die Oos-Vrystaat, Karoo, Gauteng asook Vrystaat. Die voordeel hiervan is dat ons genepoel baie wyd verspreid is en is inteling nie n probleem in die kudde nie.

In 2013 het Riana se broer, Niel Du Toit, ook besluit om in die boerdery te belê en het ons intussen die kudde uitgebrei na meer as 100 beeste. Ons is ook besig om ‘n nuwe vertakking in die boerdery in te bring nl. Meatmaster skape. Daar is tans 200 ooie in die kudde.

Ons bul, Corbu Murdo Rango, wat ons in 2013 gekoop het, gee ongelooflike puik vroulike diere en presteer ons met hierdie vroulike nageslag van hom uitstekend op skoue. Tydens Hertzogville 2015 het ons die eerste 3 plekke gekry in die kleuterkampioen klas, die Jnr interras kampioen asook die Reserwe vroulike kampioen. (Sien foto’s elders)

Tydens Bloemskou het ons die 1ste plek behaal in die ouderdom 6-9 maande asook die 2de en 3de plek in die ouderdom 9 – 12 maande. Al is ons dus ‘n baie jong kudde, lewer ons reeds kampioene. Ons 1 koei, Zandu Nola was in 2014 die opperste vroulike kampioen tydens die Jakaranda skou in Pretoria.

Ons beleid is egter nie om te ‘boer om te skou nie’, maar om te ‘skou sodat ons kan boer’. Tydens die afgelope Vrystaat Dexter veiling, is ‘n 11 maande oue ‘oop’ vers van ons, ORB Rango-Nenna, vir die bedrag van R12.000 verkoop.

Op die vraag ‘Hoekom Dexters en verder hoekom ORB Dexters koop: .... Dit is diere wat nie alleen in die skouring presteer nie, maar ook in die veld in ekstensiewe toestande . Kom kuier gerus en kyk self.

Ockie en Riana Barnard

 



Site Map